officialfacebookicongray officialtwittericongray

Skakel ons by 011 391 1343

Volg ons

Kruin Vrywilliger Beweging

Ondervind jy soms ʼn begeerte om betrokke te raak by iets wat buite jou werk of huislike omstandighede is? 

Vrywilliger - wees, gaan fundamenteel oor die gratis gee van jou tyd, energie en vaardighede. In teenstelling met baie dinge in die lewe is dit ʼn keuse om as vrywilliger betrokke te raak om aan jou medemens se omstandigede ʼn verskil te maak.

Daar is geen tekort aan ʼn gees van vrywilligers in ons gemeente nie. Sommige lidmate argumenteer dat dit nie ʼn goeie ding is nie. Hulle sien dit as ʼn vermorsing van produktiwiteit wanneer ʼn persoon R1 000.00 per dag verdien en as vrywilliger werk doen vir R100.00 per dag. Hulle redenasie is soos volg: “Gee die geld vir die kerk en laat hulle toe om ʼn groep van persone wat R100.00 per dag wil verdien aan te stel om die werk te doen”.

Het jy al die uitdrukking op ʼn bejaarde vrou se gesig gesien wanneer ʼn Diesel- kind by haar bed opdaag om vir haar te kuier? Het jy al gesien hoe ʼn spesiale band met ʼn omgee-tiener by ʼn kinderhuis ontstaan – ʼn kind wat ʼn groter broer of suster so bitter nodig het? By die aanskoue van bogenoemde voorbeelde ontdek die vrywilligers ʼn warmte in hulle hart wat hulle nooit geweet het hulle het nie. Dit is dinge wat geen bedrag geld kan koop nie. Geldelike skenkings word waardeer, maar ons benodig veral jou hande, jou voete, jou gesig, jou gedagtes, jou energie asook jou hart en siel.

Soms is jy so opgevang in die “rat-race” en die alledaagse roetine van die lewe en jy soek net ʼn blaaskans om weer ʼn balans in jou lewe te vind. Om as vrywilliger op te tree, kry jy die kans om nuwe belangstellings en stokperdjies te vind, dit is byna gewaarborg om pret, ontspannend en energiek te wees. Om ʼn vrywilliger te wees, kan jou help om ʼn stokperdjie of belangstelling waarvan jy nie bewus was nie, te ontdek.

Die Vrywilligers bring ʼn wye verskeidenheid van mense uit alle agtergronde en vlakke van die lewe bymekaar. Beide die ontvangers van jou vrywilliger - pogings en jou Mede vrywilligers is ʼn bron van inspirasie en ʼn uitstekende manier om jou interpersoonlike vaardighede te ontwikkel. Vrywilligers bied ook ʼn goeie netwerk-geleentheid.

Vrywilligers word soms beskou as mense wat hulle tyd en energie vir ander mense aanwend en tog niks bereik nie. Een persoon sal nooit al die wêreld se probleme oplos nie, maar jy kan deur jou betrokkenheid in jou omgewing waar jy leef ʼn verskil maak, hoe gering ook al. Vrywilligers is mense wat van hulself gee en nie noodwendig van hulle beursie nie.

Vir enige navrae kontak Isél Dippenaar

011 391 1343

of Myburgh Bester

082 494 4189

 

Kliek hier om die vrywilliger vorm af te laai.

Gedagte vir die week

Net jy kan jy wees.

Lees meer

Gebedslys

Ons doen voorbidding vir alle mede-gelowiges met gesondheidsprobleme en siekte-toestande.  Ons dra ook mede-gelowiges wat armoede moet trotseer, wat deur beproewing gaan en in eensaamheid die uitdagings van die lewe moet trotseer, op aan ons Hemelse Vader

 

Baba Aria Belle de Jager

Nick Grobler

Lourens Duvenhage

Annatjie O

'Connell

Elsa Kolar

Schalk Basson

Tillie Stroebel

Grietjie Van Zyk

Jaco Nelson

 

 

 

Soek