officialfacebookicongray officialtwittericongray

Skakel ons by 011 391 1343

Nuwe intrekkers

Greeting at Church

Baie welkom aan al ons nuwe intrekkers en besoekers!

Hier het ons `n plekkie vir almal – oud en jonk: babas, kleuters, kinders, tieners, ma, pa, oumas, oupas, enkellopendes en selfs huiswerkers.

Persone wat inligting oor die gemeente wil hê of belangstel om lidmaat van Kempton-Kruin gemeente te word, kan die kerkkantoor kontak of na afloop van elke erediens by die betrokke leraar aanmeld.

Die nuwe intrekkers vorm moet ingevul word en kan dan teruggestuur word d.m.v. e-pos (Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. ) of faks (011 391 4712) of by die kerkkantoor ingehandig word of in die posbus by die kerkkantoor gegooi word. U kan gerus vir Isél Dippenaar in die Kerkkantoor skakel vir verdere navrae.

Enige persoon is welkom om deel te neem aan die bedrywighede wat deur Kempton-Kruin gemeente aangebied word. Ons vra egter ‘n groter verbintenis van persone wat lidmate wil word. Daarom bied ons ’n kwartaallikse nuwe
lidmaatbyeenkoms aan.  Datums en tye sal in ons onderskeie mediums gekommunikeer word.

Vir algemene navrae: Stuur gerus 'n e-pos aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of skakel 011 391 1343.

 Ons vertrou dat u in Kempton-Kruin 'n ware geestelike tuiste sal vind

  • Kliek hier om die nuwe intrekkers vorm af te laai.

Kommentaar