officialfacebookicongray officialtwittericongray

Skakel ons by 011 391 1343

Ons visie, missie en waardes

Ons visie is: Voluit vir die Koninkryk

“Die koninkryk is naby” was die hart van Jesus se boodskap. Om voluit te lewe te lewe vir die koninkryk beteken dat ons God vra en vertrou om as Koning te heers oor elke mens se lewe en die mag van die bose te breek. Ons beloof om ons allereers te beywer vir God se koninkryk (Matt 6:33) en om voluit vir die Here te lewe op elke terrain van ons lewe – huwelik, gesin, werk, sport, en in al ons verhoudinge.

Ons missie is: Huise wat Jesus volg onder leiding van Sy Gees, deur:

  • God te aanbid
  • Saam te kom
  • Te leer by Jesus
  • Te vertel van Jesus
  • Om te gee

Kempton-Kruin onderskyf die waardes van:

  • Gasvryheid
  • Samehorigheid
  • Vrymoedigheid
  • Opregtheid

Kempton-Kruin se doelwitte:

  1. Om God groot te maak (Aanbidding)
  2. Om saam te lewe voor sy aangesig (Groei in dissipelskap)
  3. Om die evangelie uit te dra (Evangeliseer)
  4. Om gemeenskap van die heiliges te ervaar; en (Gemeenskap)
  5. Om diens te lewer aan mense in nood (Omgee)

 

Kommentaar